Tuesday, July 22, 2008


Martin Luther: Vonk van die Reformasie—Deel 1


Die Reformasie was een van die gewigtigste draaipunte in wêreldgeskiedenis. Dit was gelei deur manne met sterk geloof, diep oortuigings, groot intelligensie, hoë morele standaarde en leeue moed. Martin Luther troon uit bo al hierdie hervormers as die moedigste, mees invloedryke en kontroversiële hervormer van alle tye.
Die kontroversiële
Luther was alternatiewelik beskryf as die briljante geleerde wie die hoofboodskap van die Bybel herontdek het, ‘n profeet soos Elia en Johannes die Doper wie gestuur was om God se mense te hervorm, die verlosser wie verskyn het om sy mense te bevry van die onderdrukking van Rome, die laaste middeleeuse man en die eerste moderne man. Zwingli het hom beskryf as: “die Herkulus wat die tirannie van Rome oorwin het.” Pous Leo X het Luther “ ‘n wildevark wat sy wingerd plunder” genoem. Keiser Carl V het hom “ ‘n demoon in die kleed van ‘n monnik” genoem....
Vir die voledige artikel:
http://docs.google.com/Doc?id=dhc8vrb6_3d2k4tnhn

No comments: