Saturday, November 29, 2008

Pinkster Rewolusie deur Prof. Kotze

Inleiding: Terug na Pinkster
Terug na Pinkster! Is dit nie ‘n onsinnige en ketterse stelling nie. Sommige sal dit miskien so wil bestempel. Lê ons dan nie elke Sondag belydenis af van ons geloof in die Heilige Gees nie? Bely ons dan nie daarmee, dat ons glo dat die Heilige Gees in die gemeente woon nie? Hoe kan ons dan nou praat van terug na Pinkster, terwyl die gawe van Pinkster onherroeplik aan die gemeente op daardie dag gegee is? Is ons dan nie in Pinkster, wanneer ons Sondae bely: “Ek glo in die Heilige Gees” nie? ....
Vir die volledige artikel, gaan na http://docs.google.com/Doc?id=dhc8vrb6_6c5p3jgch

Hoofstuk 1 Die Roepende Nood van die Kerk
Indien ons nie teruggaan tot die eerste Pinkstergemeente as ons voorbeeld nie, dan loop ons gevaar om ‘n gevalle kerk as model te neem. In die loop van die tye het die Gees van God herhaaldelik periodes van verkwikking en herlewing laat aanbreek, maar van die Christelike Kerk as geheel egter is dit waar, dat die ontaarding vroeg reeds begin en algaandeweg toegeneem het. So vroeg as die einde van die eerste eeu al, gee ons verheerlikte Heiland aan Johannes op Patmos opdrag, om aan die sewe gemeentes in Klein Asië, Sy teleurstelling met hulle geestelike agteruitgang bekend te maak...
Vir die volledige artikel, gaan na http://docs.google.com/Doc?id=dhc8vrb6_8qrwvvthm

1 comment:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.